Gedigte

Titel: Vals
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoe doen jy dit, hoe sit jy daar,
met daai glimlag wat ek op jou gesig gewaar?
dag na dag en jaar na jaar,
stiptelik op tyd
daar sien ek daai glimlag weer daar

In jou oe le geen skaamte,
in jou stem is geen dors,
vir vergifnis van enige iemand
met wie jy so lekker mors

Jou denke is pyl, gerig net op jou,
regop met bree skouers,
trots, denkend dat almal van jou hou.
hulle wil saam jou wees, in denke en in vlees
ek wens ek was hulle
want vir jou is daar 'n wroeg in my gees

Agteroor sit ek rustig en staar ek na jou,
ek kyk deur jou oe, ek rou,
want dit sal nooit nie ophou
weet jy ooit wat jy aan my doen
ken jy die hartseer wat ons vriendskap keer van versoen

My harseer is woedend en my kwaat stort 'n traan,
ek wil jou gryp aan jou hals,
want als wat jy is, doen en se
is lafhartig en vals...





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hier kom baie sterk emosies na vore wat uitstekend uitgedruk word. Jy het werklik die gawe om met woorde te toor. Ek sien uit na die volgende werk.
Groete,
PM
12 jaar 14 ure oud


Baie mooi geskryf. Weet nie of dit op iemand gemik is, of vir iemand geskryf is, of die leed aan jou gedoen is nie, maar hoop van harte dit word beter.....
12 jaar 3 weke 4 dae 8 ure oud


Vals
Ek dink die gedig het baie potentiaal. Die rym wat deurgans ryp gedruk word en dan weer glad nie van gebruik word nie pla 'n bietjie.

Groete

Chenél
12 jaar 3 weke 4 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar