Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wou nog altyd
in ñ Penthouse bly

( darem het ek ñ paar
in my lewe gelees ) ...

Ek is nie te spyt
oor die bly nie –

( ek is maar ñ hondemens )

mens kan nie pets
in so plek aanhou nie .

Maar darem het ek
ñ paar Penthouse Pets
in my lewe gesien

– al dan nou slegs op papier .

( Ek belowe ... )

Ja . Dit was donkiejare
na die Scope se sterretjies .

Maar ek moet bieg :
Ek like sterretjies .

As mens so in die natuur is
so weg van die stad af is
en jy kyk snags op ....

Damn .

Mens se mond hang sommer oop
en jy is genoop
om daaroor te dig –

om almal wat daar is
nader te roep
en hulle te wys .

( Nee man , nie die poem nie !
... die sterretjies . )

Die aandster .
Die melkweg .
Die drie susters .

En so .

Ja . Na Scope se sterretjies
was daar natuurlik daai silwer ‘ Plakkertjies ‘ –

Jy weet . So op strategiese plekkies .

Dan het ons dit met 5c’e versigtig afgekrap
sodat die papier nie skeur nie ...

Of vou nie .

( Wie wou nou ñ vou
oor ñ vou gehad het ? ! )

Nou is dit jare later
en soms is ek groot .

Ek het nog steeds nie
ñ Penthouse nie

en ook nie ñ Penthouse Pet nie .

Maar ek het 4 honde
en ñ Feëtjievrou .

En sy laat nie sommer toe
dat ek met ñ 5c
aan haar krap nie .


( 26/01/2016 21h52 )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sterretjies
Wow. Ek ik mal hieroor Rudi!!
3 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 10 ure oud


5c
Ek sou so bloemieng hoop ja!
Nou het jy darem ver op jou spore terug geloop.

Hou van jou eerlikheid hier:
Nou is dit jare later
en soms is ek groot .
3 jaar 5 maande 3 weke 16 ure oud


:-D
Ek het darem nou lekker gesmile...
Nie sommer nie. Haha. Goed geskryf Rudi!
3 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 4 ure oud


5 c
metaal smaak nie lekker nie - jy laat my ook onthou van vroeër dae....
3 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


...
Darem het jy honde en 'n Feëtjievrou ...
Dis seker beter as niks ...
Maybe werk die 5c vir'ie honde ...
3 jaar 5 maande 3 weke 5 dae oud


*****
Five star!
3 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 3 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar