Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die absolute ondeurdringbare vrees – ’n mynskag
waarin ek val; my nek morsaf.
Sy verdrink my verlamde verstand
in die waters van ’n ongebore
kind – die smet van ses gesigte
waaruit swart riviere vurk.
My ruiter – die een wat met ’n
melaatse vinger deur my oog
boor en soveel minder
openbaar

as die sinsnedes van my
gebed.

Besluitloos. Verworpe. Bestaanloos.
Besinnings in die donker waters en ’n
dwarsklap van die vuil mens.
Die samekoms in ’n afgrond
versinnebeeld die feit dat my
sintuiglike bedrog een is met
’n god wat homself
verslind.




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kuns
uitstekende donker-prag-kuns, jou gedigte kan ek oor en oor lees
4 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


die weervoorspelling
goed geskryf.
STerk slot.
5 jaar 2 weke 5 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

drafstap deur my gemoed

deur helna

ek noem my bundel drafstap deur my gemoed, want ek wil hê jy as leser moet saam my daagliks voel wat ek voel en ek glo ek gaan jou aanraak...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar