Weergawe: 1
Aantal woorde: 104
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 05 Sep 2013
waar die krakies nie so
duidelik
soos die lagplooitjies wys nie
en trane soos 'n glinster
in die oog lyk
wees lief vir my van ver
sodat die
val
van my hart
nie 'n hoeweslag in jou ore
word nie
of die eggo van my snikke
donderweer op jou horisonne
bring nie
lief my van ver
sodat ek nie sien
hoe infeksie
jou uitkyk op die lewe
soos 'n bedseer laat
vrot het nie
hou my ver
sodat my groeiende liefde
weeskind word
en later...
dalk, as ek gelukkig is
soos kanker
sy laat sel
laat sterf.
Lees ander gedigte deur natasha dutton
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae