Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Het jy vandag gemerk die son se goue kleed?
Was daar ‘n boodskap in die voëltjies se lied?
Dalk verduister deur gister se leed?
Die storm wolke dat vandag tog niks het om te bied?

Die sandkorreltjies gaan gewis
Deur die uurglas se middeltjie syfer
Gulde geleenthede word gemis
Deur die vyand se saad van twyfel.

Sal die maskerade van die wêreld
Nog drome stort in more se begrafplaas?
Net nog ‘n dag in soeke na die aardse pêrel?
Die lys van vereistes ‘n oordonderde geraas?

Sy helpende hand is vandag nog daar,
Gaan mensekind haastig verby –
Die oog net op tydelike gevaar?
Of sal vandag Sy hart verbly?

Vandag sal die siel skuil by die waters van rus,
Sy brood vir die dag sal voed liggame en siele
In Sy arms is dit vir ewig knus
Die jaagtog hier net ‘n miete



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar