Gedigte

Titel: Vandag
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Was ek gister ‘n digter,
Sou my woorde jou kon wegvoer
Na ‘n land van melk en heuning
Drome van verlange

Was ek gister ‘n sanger,
Sou ek die mooiste melodie kon sing
Klanke na crescendo bring
My stem soos ‘n waterstroom klink

Tog, nou is dit vandag
My menswees is realisties
My woorde min
Terwyl my hart lofliedere sing



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vandag
Pragtig gepen Moekie
4 jaar 11 maande 2 weke 6 ure oud


vandag
sielsmooi gepen Moekie
4 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


Ano
Vandag
Was ek maar 'n digter, sou ek ook kon beskryf... Jinne, dis mooi!
4 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


.
Ek moet ook saam stem, hierdie vers is uitstekend!
Ek is mal hieroor.
4 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


vandag
Moekie, ek stem saam met Neels. Dis beslis een van jou beste gedigte :-) goed gedoen met hierdie een..
4 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 5 ure oud


Vandag

Wanneer drome ophou, dan bly daar niks meeroor om voor te lewe nie.
4 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 13 ure oud


vandag
een van moekie se mooistes wat ek nog gelees het
4 jaar 11 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud


Vandag
oe dis so pragtig en tog so belangrik dat ons jou laaste strofe uitleef.

Vandag is belangrik! leef hom met n hart vol liefde
4 jaar 11 maande 2 weke 2 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar