Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

...In die bad gelê tot die water yskoud was en
my vel gelyk het soos dié van ‘n 100 jaar oue oumatjie s’n.

Ek het my hare gewas en wild droog gemaak,
nét soos ek daarvan hou.

Ek het my gesiggie grimeer met daai duur lipstiffie wat mos eintlik net vir spesiale geleenthede gehou word.

Ek het my beste en duurste skoene uit hul boks gehaal en aangetrek,
“gedress” om hierdie dag met oorvloed en sukses in te stap.

Ek het my “bling” aandrok tussen die stof gaan haal en ja, ek het hom aan, nou skitter ek soos ‘n ster in die helder sonskyn van hierdie nuwe dag.

Ek het die tandepastebuisie leeg gedruk om my tande oor en oor te borsel, want ek pak hiérdie dag met ‘n uitbindige lag en vrede aan.

Ek het die yskas leeg geskud en elke lekker ding daarin opgeëet,
gewig en vet is vandag nie in my woordeskat nie.

Ek het soet-melk-koffie gedrink en leef nou maar met die sooibrand na al die beskuit…

Ek het al wat blom in my tuin is gaan pluk en in my huis kom plaas,
geen blompot het pasmaat en sommige is sommer herwinde bottles wat iewers gestoor was,maar nou ruik ek die soet geur van rose en laventel gemeng en ek hoor die gezoem van bye wat kom pla.

Ek het my verf gaan uithaal en ‘n helder prentjie geverf,
een wat dalk ééndag ‘n duur en kosbare besitting vir my geliefdes sal wees.
(O ja, daar is ook nou verf op my “bling” rok, maar ek gee nie eens om nie!)

Ek het almal waarmee ek lanklaas kontak gehad het ge-“email” of gebel, tyd was net té min om lank met almal te kon klets.

Ek het inkopies gaan doen, maar dit vir ‘n plaaslike tehuis geneem,
want hulle sal honger mensies, wat dit opreg sal waardeer, kan voed.

Ek het op die gras gaan lê en na die duiwe wat op my stoep mors geluister, en besef dit klink amper soos die gesang van ‘n Engel.

Ek het vir jou kom vertel JY is spesiaal vir my.

En ek het al hierdie dinge VANDAG gedoen, want sê nou net my laaste stukkie legkaart word dalk vandag gelê…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Immm, immm, Gamos die gutter poet scheme die n Happie.... miskien ek verkeerd?

Welkom op woes
6 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar