Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




blommetjie blom en bytjie by
het mekaar vroegdag in die blomtuin gekry
toe koketteer die blom met die by
en bied aan hy kan van haar nektar kry

die bytjie is sku ja die bytjie is skaam
maar heel gou kuier die tweetjies knus saam
en toe later kielie die bytjie die blom
om so sommer gou by haar nektar te kom

die by het heel later sy ry maar gekry
met sy magie boeprond en sonder gestry
en die les hier te leer is eenvoudig maar waar:
die blom het die somer 'n bessie gebaar!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

blommetjies en bytjies
dis hartsmooi ... kostelik gepen
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


blom en by
dis hartroerend mooi-ai!
5 jaar 6 maande 2 weke 10 ure oud


die weervoorspelling
iets wat oupa vir die kleinkinders kan lees as slaapstorie.
5 jaar 6 maande 2 weke 19 ure oud


.
Nice!

Goed gedoen.
5 jaar 6 maande 2 weke 21 ure oud


Ano
Foto 3
Te oulik vir woorde!
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


Blommetjies
Ek hou sommer baie hiervan.
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 3 ure oud


Bessie
Dis regtig baie oulik...ek het die gedig sommer baie geniet...veral die slot :-)
5 jaar 6 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    WELDADE EN MISDADE

    deur Piet Schoombie

    Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar