Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



sag wys ’n vroe môre,
’n belofte van lewe
waar oranje en rooi
se eerste kwashaal
gister se blou
in nuwe hoop vereer;

geseënd is ek
waar ek die vensters van my hart
wyd kan oopmaak
’n leeftyd van seer,
van hoop en verwagting
vlerke te gee,
om ’n nuwe begin
in kleurpalet
te vereer.

vanmôre klop en bruis
’n nuwe dag
hier waar ek hoopvol
op jou wag

BennyB
© 10/12/2011 Barend Booysen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vandag se vlerke
Pragtige woorde. Hou veral van ...waar oranje en rooi se eerste kwashaal gister se blou in nuwe hoop vereer... besonderse woorde.
8 jaar 5 maande 2 dae 17 ure oud


Belofte
hier waar ek hoopvol
op jou wag


dit is so vol belofte........
8 jaar 5 maande 3 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar