Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag breek 'n stukkie van my hart
maar ek stuur die stukkie saam met jou
om altyd naby jou te hou

Vandag gaan daar 'n bietjie van my menswees dood
die bietjie wat jy elke dag lewendig kon hou
wat jy gevoed het en ons saam kon bou

Vandag verloor ek 'n tyd van my lewe
waaraan jy elke dag deel kon hê
waar ons soveel gehad het om vir mekaar te sê

Vandag stol 'n traan op my wang
as teken van ons tye saam
my geheue gevlek met jou naam

Vandag brand 'n seer diep in my binneste
maar ek gun 'n nuwe lewe vir jou
al wil ek jou so graag hier hou

Vandag pyn my hele wese
want ek weet dit wat ons bind
sal 'n mens nie gou weer vind

Vandag wil ek vir jou inpak
my liefde, dankbaarheid, herinneringe en omgee
om jou elke dag in die vreemde warm te klee

Vandag is jou plekkie in my hart
nie leeg, ook nie beskikbaar
dit behoort altyd aan jou en is vir ewig daar
 
Vandag stol 'n traan op my wang
as teken van ons tye saam
my geheue gevlek met jou naam



Hoe seer is dit nie om vir iemand, na aan jou totsien te sê nie, nie seker te wees wanneer en of 'n mens mekaar weer gaan sien nie. My trane, ons trane ... het al baie gevloei, my wese die oomblik spartel in rou. Die trane is al minder, maar die leegheid binne my al meer.

Ria vriendin, mag jul net liefde, geluk en voorspoed ervaar in Kanada, lief vir jou!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vandag stol 'n traan op my wang
Liewe vriendin
Jou trane is kosbaar die woorde van jou gedig het diep ingesink en waardering vir die mees kosbaarste vriendskap het nie woorde, maar jou gedig beskryf dit asemrowend. Dankie dat jy en Hermien ALTYD daar was vir my in vertroue, liefde, hartseer en vreugde in Liefde uit My hart VERALTYD! Ria (JY is 'n digter duisend)
8 jaar 3 maande 5 dae 6 ure oud


Ria se gedig
Die trane rol vrylik oor my wange, ek kon dit nie keer, ek wou dit nie keer!

Ons gaan ons vriendin vreeslik mis!!!!

8 jaar 4 maande 1 dag 1 uur oud


... dis so 'n pragtige (hartseer) gedig hierdie ...
En 'n vriendskap wat obviously dieper strek as net die woorde wat jy so diep vanuit jou hart uit geskryf het ...

**DIT is BEAUTIFUL!!!** Elzabe Young Heyns!
8 jaar 4 maande 2 dae 1 uur oud


Nou wil die trane sommer begin vloei! Baie mooi!
8 jaar 4 maande 2 dae 23 ure oud


Vandag stol 'n traan op my wang'
Ek voel saam met jou, my kind, en wil jou graag vertroosting toewens, opregte vriende is skaars, en soms is vriende meer vir jou werd as familie. Sterkte, lief vir jou, Ma.
8 jaar 4 maande 3 dae 10 ure oud


Baie mooi boodskap vir 'n vriendin...!
8 jaar 4 maande 3 dae 14 ure oud


Ja, sjoe, dis altyd hartseer om totsiens te sê veral aan die wat na-aan jou lê, maar jul kan seker iewers nog kuier, soos Skype of Facebook bietjie luier, tegnologie is wonderbaarlik naby, so bly hulle aan jou sy! Pragtig geskryf!
8 jaar 4 maande 4 dae 2 ure oud


Sjoe..lees die hartseer deur die lyne...maar ook van n kosbare vrienskapsband gevorm...baie mooi bewoord!!
8 jaar 4 maande 4 dae 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar