Weergawe: 1
Aantal woorde: 172
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 19 Sep 2015
VAS GEKETTING
Die dag toe ons twee trou;
het Hy 'n liefdesketting om ons gevou
Vas geketting van dag een;
op mekaar moes ons twee steun
Jou woorde is so sag;
in jou praat is daar 'n lag
Jy's altyd daar vir my;
in alles bly jy aan my sy
Jou positiewe woorde;
speel soos musiek akoorde
Jy glo in my en maak my sterk;
jy laat ons saam wees werk
Jy bring die sonskyn in my reën;
met jou is ek in oormaat geseën
As ek laag is tel jy my op;
sal jy sê: hou hoog jou kop!
Jy's my vriend en nie net my vrou;
ek kan nie 'n lewe indink sonder jou
Sonder jou is ek 'n halwe mens;
jy bly my grootste wens
Die skakels in die ketting maak jy sterk;
jy bring jou kant en maak dit werk
Altyd vas geketting aan jou wees;
saam veilig en gelukkig leef
Dankie jy hou ons ketting om my vas;
jy's die skakel wat by my pas
Lees ander gedigte deur Sinne uit my siel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Evelyn van der Merwe
100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.