Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


O, geknelde land
waar ʼn nuwe generasie mynerend staar,
en ʼn nuwe ongevraagde hand
so alles verstoor.

Luidkeels roep die kiewiet
oor die verlate bos murasies
waar eens ʼn trotse nasie
saam kon sing met Janpierewiet.

Is hy ontwortel aan die hede,
verhuis na ʼn tuiste in somberheid
wat weer sal heel na tyd
in versugtende gebede.

In sy laat somersjare
is ʼn nuwe helder klaar bewussyn
en sy einde nog nie die omega
aan ʼn nuwe generasie vriende samesyn.

So herroep hy die verlede
na ʼn klinkklare geestesfoto,
eie aan sy byna vergete dade,
neergepen vir ʼn verbeeldingsfoto.

22/05/2014 om 22h30.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vasgevang
hartswoorde vir ons kosbare land hier gepen .. mooi gedoen
5 jaar 9 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


foto 1
Dis baie mooi. Ja as ons natuur maar net behoue kan bly en die bome nie vuurmaakhoud word nie.
5 jaar 9 maande 1 week 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar