Die per van tinent
is ñ lyn getrek
in elkeen van ons
se sand .
En al skend
ons soms ons eie beginsels
in situasies van leef òf vrek
reik ons tog soms ñ hand
na die wat ons nie mee saamstem nie uit .
In die proses byt party mense se versinsels
ons soms seer aan die hak en laat daai stemmetjie van
“ ek het jou mos gesê ” jou ore tuit
maar om oor jou foutjie uit te pak
maak nie reg wat verkeerd is nie , dit kan
in der waarheid jou selfverwyt
eksponensieël verhoog .
Ja , ons kan so maklik rebeleer , blameer
vinger wys , betoog
ons afsonder , slagoffer speel
alles en almal beskuldig
vir ons eie mislukkings vir ons eie seer
vir ons eie tekortkominge –
maar het ek my verbeel
of is dit waar dat ons selde
voor ons eie deur vee ?
( 21/10/2015 19h57 )
Veral 'n raakpunt:
En al skend
ons soms ons eie beginsels
in situasies van leef òf vrek
Welgedaan jy!