Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My ou kolos, my terapeut, my vriend...
deur eeue heen het jy gegee, gedra en gemaak
met min erkenning vir jou las en daad.

Van skepping tot nou het jy meer gegee
as wat die mensdom ooit kon dink of redeneer.

Jy moes die appel dra van verwyt...
al het jy mondloos gewaarsku met gekraak
en swaai van jou takkerig arms,
het hul jou nog gebruik vir 'n skerp doring kroon
van pyniging en vernedering -
en tog het jy ook my Meester gedra op jou skouers
in Sy donkerste uur,
moes jy ook die mens aanskou met sy traan en ewige spyt.

Gedra in oorlog en sy fatale besluit...
het jy gegee, ondersteun, geleun – sonder bloue duit.

en
tog
ja
tog

Is jy nogsteeds daar met jou ewige kalmte,
sing jou blare 'n duet saam met die voëls
van die hemel en sus my ontstuimige gemoed-
en wanneer jy dink ek vergeet van jou teenwoordigheid
krap jy met jou tak vinger teen my binne kamer ruit.

Wanneer ek te versonke raak in my eie gedagtes,
kruip jy versigtig tot agter teen die muur,
en dans 'n stille tango met elke voorwerp in die vertrek,
slaan ek dan nogsteeds nie ag op jou roep...
ruk en pluk jy aan die venster ruit
en gee duidelik erkenning van jou misnoeë
tot ek my arm mans kitaar optel en saam neurie -
sodat die klank dra... ver oor die oop vlaktes.


Tevrede strek jou skadu's dan saam met die son in die namiddag,
totdat jou donker lyf af ets in die na-nag met helder maan,
vergenoeg laat jy die hemel voëls toe om te skuil
onder jou lang tak arms, wyl uil
keel skoon maak vir sy nag roep.

My ou kolos, my vriend is jy ook daar met ons laaste duet...
jou laaste vrag – in die ses voet gat...
Het jy ons steeds nie verlaat.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

veel meer as n boom
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die BOOM projek.
4 jaar 6 maande 5 dae oud


boom
Jy moes die appel dra van verwyt...
al het jy mondloos gewaarsku met gekraak

Mooi beskrywend geskets.
4 jaar 6 maande 5 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar