Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dissie speel met sy trokke in die sand
Hy stoot en skraap die grond oor die rant.
Pappa roep hom:
"Jy moet vinnig sitkamer toe kom!"

Dissie klouter op pappa se skoot
Pappa sê: “Dissie jy’s nou mooi groot!
Pappa se groot seun moet mooi luister
anders is Dissie in die duister.

Pappa moet Kaap toe gaan.”
Dissie, knip ‘n traan
Dissie se hart is seer
"Wanneer kom pappa weer?"

Dissie se mamma gee hom ‘n drukkie
En sê: “Wag ‘n rukkie!
Ek het ‘n plan!
Ons maak ‘n klippiekan!

Ons sit veertien klippies in die kan.
Gooi elke dag ‘n klippie in die pan.
Aan die einde van die nag
gaan Dissie lekker lag!

Want pappa sal terug wees
en vir Dissie stories lees."



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pa
Aaaah o dis so pragtig!!! Baie dankie vir hierdie hart-raak bydrae!!
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag oud


Klippies
Dis n oulike gediggie en so leer Dissie sommer van tyd ook!
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag oud


veertien kklippies
Naomie dis kostelik. Dis dierbaar ek is mal hieroor. Ek plaas hom onder my gunsteling.
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar