Gedigte

Titel: Vel
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy sê jou vel's jou grootste enkele orgaan...
arme vel, seg jy.
'n Vel kort al die regte kos
om sag en glad en soepel te kan bly:
Groente, vrugte, sulke goed sê jy...

Ek verlang nogal na jou vel,
my vel het al vergeet hoe voel 'n ander vel.
Dis net my brein wat weet,
my brein en bloed en hart en spier en long;
my liggaam smag na vel...

My tong lê laf en wag op ligte sout- en soetigheid,
my neus onthou die sweempie lekkerruik
in hare, nek en elke ander sagte plek.
Jou hande't my gefasineer,
ek wonder of my vel nog joune sal onthou,
so sag en glad en sonder skroom.

Ek wag en kwyn van dors en honger sondervel.
My vel benodig joune om om myne te kan span.
Miskien is vel se enigste behoefte
liefde van 'n ander vel.
Arme uitgehongerde vel!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vel
Ja-nee iets met vel om was nog nooit te versmaai nie.

Hierdie een is nuut vars en oorspronklik. Is beindruk!
3 jaar 3 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


Vel


Ek vat saam met Seeuwolf: Jy het my hier en sommer al my punte!
Regtig welgedaan!
3 jaar 3 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


Vel
En dit uit JOU pen!
Wel, al my punte is joune - ek het niks meer oor om te gee!
3 jaar 3 maande 1 week 3 dae 23 ure oud


Vel.
Wow!!

Dit is n pragtige gedig.
3 jaar 3 maande 1 week 4 dae 1 uur oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar