Gedigte

Titel: veldmusiek
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die seldsame geluid
van ʼn bromvoël in die vlei
en roepende fisante alom
met hul bekkies in die klei

Die gekoer van ʼn tortelduif
van ver die bosloerie se roep
krassend oor die strelende geluid
van ʼn eensame lemoenduif

Geluide wat my telkens laat verstom
oor die rykdom van musiek gewis
wat ons wêreld met vrolikheid verfris
in suiwer klanke weerklinkend alom

Die helder klokkielag van jou stem
spottend, tergend, dryf my in ʼn hoek
sny deur my hart met die boodskap

die vrede, rustigheid wat elkeen na streef
is slegs bereikbaar vir die wat ongetem
elke hoek en kant van die lewe ondersoek



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar
Baie dankie almal. Hierdie vers voel nie vir my na n gedig nie, maar dit was lekker om dit te skryf.
8 jaar 2 maande 4 weke 18 ure oud


rex
veldmusiek ...
Jou beeldspraak is baie mooi, soos die gedig.
8 jaar 3 maande 1 dag oud


...
Die mooiste musiek! Pragtig verwoord.
8 jaar 3 maande 2 dae 12 ure oud



Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar