Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vêr , vêr in die vêrte
vêr van my
vêr van die stad
se liggies
blink daar ogies
in die donker donker nag

– skitter daar sterretjies
vir jou en vir my .

Vêr , vêr in die vêrte
vêr van my
vêr van die stad
se rush en geraas
is daar stilte

– stilte wat hunkerend roep
na jou en na my .

Vêr , vêr in die vêrte
vêr van my
vêr van die stad
se grys
is daar uitspan-groen
in die bome in die veld
met rus-bruin touches tussen-in ,

vrede in die vaal op woudvloere
geel , pers , rooi en oranje
veldblomme wat ñ moeë
siel se swart vrolik opvrolik
vir jou en vir my .

Vêr , vêr in die vêrte
vêr van my
vêr van die stad
se terminale bestaan
is daar snags
ñ helder maan
wat skyn
oor jou en oor my .

En so kan ek
aangaan en aangaan

– maar ek sal nie .


Want dis alles
vêr , vêr in die vêrte
vêr van my

te vêr , te vêr weg
van jou en van my .


( 14/01/2016 23h00 )



 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vêr
Mens se gedagtes loop vêrvêrvêr met die gedig, Mooi!
4 jaar 1 week 1 dag 17 ure oud


Vêr , vêr in die vêrte


Alle sienbare dinge is deesdae bereikbaar. Die probleem is vervoer, Ouboet. Tuig dus die wil en siedaar!
Weer eens 'n heerlike Rudi Coetzer-skepping!
4 jaar 1 week 4 dae 6 ure oud


Ver
Dit laat my nou vêr verlang. Tot by die see, tot by die bosveld, tot by die Kgalagadi, tot by die Karoo en al die plekke wat nie hier is nie. Jy verlang baie goed, ek hou hiervan :-)
4 jaar 1 week 4 dae 23 ure oud


Vêr . . .
ai . . . jy weet darem net hoe om dit te doen!
4 jaar 1 week 5 dae 4 ure oud


ver, ver
Nee man,
loop net uit en kyk vanaand op en om, dis so naby, gryp dit net!

he-he, alles is so ver as wat ons dit maak, miskien is die company verkeerd, die dat dit so ver is.

Nietemin, miskien verstaan ek die ewige hunkering na die (moontlike), onmoontlike

Mense wat na niks meer soek nie, (selftevrede met alles wat hul alreeds het in die lewe) is erg vervelig, daarom 10/10, love it!
4 jaar 1 week 5 dae 16 ure oud


Vêr te vêr
Ek hou van die.. Dit werk net vir my!
As dit maar net nie so vêr was nie.. :)
4 jaar 1 week 5 dae 22 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar