Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

09/2009

Nog `n aand alleen met myself
emosies in my vel gekerf
my vierkant rooi geverf
lê ek en wag, tot ek sterf
    
Alleen in die donker nag
geen uitkoms uit nog `n dag
my laaste siggaret brand uit
geen uitweg
geen uitweg
     
Patrone val in hersenskim
my laaste kers se vlam groei dim
`n Verlore gees in rook gehul
 my gedagtes maak my gek
     
In die stuimige see van mens
vrees ek om te wees
ek smag na stilte
ek haat om te leef
     
Niemand om my mens te deel
jare wat ek jou nie sien
te veel dae wat ek verloor
in niks is wat ek lewe dien
     
Trane stort oor my gesig
ontmoediging my laaste lig
nog `n dag wat ek verbrou
soos ek aan die verlede klou
     
Merke wat soos letsels groei
die sagte streel van bloed wat vloei
oor my kaal lyf
     
Eindelose beloftes
elke keer is die laaste keer
 
Kom die dag wat blomme soen
en sagte lippe wonde doen
`n Warm liggaam teen my druk
en liefde in my hart verstik
     
verewig wees
veraltyd nie-leef
saam in niks
sonder vrees
in nie-mens-is

Veraltyd Niks
.
     
       



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar
Dit sal maklik wees om te sê dat hierdie 'n gedig oor depressie is. Dit is, maar daar is soveel dimensies wat daaruit na vore spruit - daar is 'n tipe vloei van bewussynstrominge wat eensaamheid, nostalgie en bitterheid in hul diepste wese omvou en dit laat oopbars soos 'n ryk donker vrug. Netjies geskryf.
3 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud


*
Die slot is vir my baie goed geskryf, die hele g3dig staaf dit.

Gevoel van verlore goed vasgevang.
4 jaar 3 weke 1 dag 11 ure oud


veraltyd niks
"n Verlore gees in rook gehul"
Interessante beeld.
Nogal 'n donker gedig - hou daarvan. Partykeer moet die donkerte ook uit sodat die lig weer kan in. Goed gepen.
4 jaar 3 weke 4 dae 5 ure oud


veraltyd niks
sjoe hierdie eensame woorde maak n groot impak!!
4 jaar 3 weke 4 dae 9 ure oud


niks
Smagting na iets ontoereikend, goed gepen hier. Interessante slot.
4 jaar 3 weke 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar