Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Staan in hierdie tuin
omring deur kleur en geur,
'n lushof
ek kwyn...

Verkyk my aan die wonder
van vrug en blom gelyk
teug die geur van smag,
staan nader
om beter te kan kyk

Sien die begeer-boom
vrug wat tart en fnuik,
blare in groen smarag
sy aansig met geen ander
te vergelyk

Hande bewe sigbaar
toe ek strek
om daaraan te raak
hartklop donder in my ore
toe sy volheid
my gees aanraak

Kyk net een maal om
voor ek hom pluk vir my
hierdie honger moet ek stil
voor vrees my onderkry

Sak af teen die boom se bas
skuur my stukkend teen die stam,
voel hoe pyn van splinters
my bene lam

Kortstondig is hy heel
mooi
te bewonder vir sy prag,
voor my tand sy vlees verswelg
hierdie vrug waarna ek smag

Soeter as die soetste soet
sag in sap verkry
vul my soos geen ander
maak leemtes vol in my

Verslind jou gulsig
bang ek laat jou val
eet om te versadig
maar die nasmaak is gal

Hap weer en weer
gaan jy nooit opraak vir my ?
Jy vloei soos die weduwee se kruik
olie van verlusting
sonder ophou vir my

Ek voel die adder van verraad
krul op in my buik
slaap rustig en tevrede
ek het hom gekoester
nou is ek buit

Ek slinger die uitgevrete
stronk
tussen dissels en onkruid neer
Hoe kon ek so dwaas wees,
moes die galsmaak my dan nie keer ?

Verdwaas verlate
kyk ek vir oulaas om
die tuin le stil en vredig
kleur steeds swanger in elke blom

My boom staan steeds vrugbaar
uitlokkend mooi vir my
maar ek keer my rug
besitreg mag jy nooit oor my kry

Ek onthou jou soet smaak
jou aroma hemels verby
maar sterf nou van honger
jy bly
verbode
vir my...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

help
moenie lag, ek probeer die een ontleed, ek haak bietjie was by "kleur steeds swanger in elke blom" gee jy om, om my te verduidelik? Of verstaan ek die gedig verkeerd as ek aan die einde die vraag vra
9 jaar 3 maande 4 weke 13 ure oud


My mond hang oop!
9 jaar 3 maande 4 weke 14 ure oud


Bewonderingwaardige woorde Amsie, asem -snak- pragtig!!
Laat my dink aan die liedjie; Never, never never
9 jaar 5 maande 3 weke 18 ure oud


rex
Verbode vrug ...
Ek gaan dit sê: "Stunning"!
9 jaar 5 maande 3 weke 22 ure oud


ai..nou moet jy n CLICHE kry:
WOW!
*************
9 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


Soeter as die soetste soet
sag in sap verkry
vul my soos geen ander
maak leemtes vol in my

Wow, baie goed geskryf!!!
9 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Ongelooflik
Ek het nie woorde hiervoor nie. Dis is.... verruklik.....! Ek is stom!
9 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


Verbode vrugte
Sjoe! Dit het my regtig aangeraal. So eerlik en dapper. Regtig net so anders. Goed gedaan!!
9 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 5 ure oud


baie mooi!
Wat 'n pragtige gedig! Ek voel of dit vir my geskryf is.
9 jaar 8 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


Verbode Vrug
Was al daar, so raak gesê!
9 jaar 9 maande 5 dae 18 ure oud


Die mooiste woorde oor die seerste besluite....stunning
10 jaar 5 maande 5 dae 7 ure oud


LL
Hierdie is 'n besondere een - uitstekende beeldspraak
10 jaar 5 maande 6 dae 10 ure oud


Amazing
10 jaar 5 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


skitterende woorde
om jou rug te draai op iets soos dwelms? pornografie?
a.
10 jaar 5 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


Ek het nie woorde nie. Dit is groot dinge uitstekend verwoord!
10 jaar 5 maande 1 week 6 dae 9 ure oud


Verbode Vrugte
Ek voel jou verslaentheid aan in jou gedig, en dit raak my hart, jy was sterker as ek om te kon wegstap, daai toets le voor my :-(

Sterkte
10 jaar 5 maande 1 week 6 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar