Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

No 82.


Geloof in sy oorspronklike betekenis is die belydenis van die impak van my insig,
die verganklikheid van my tydelike eksistensie,
die kortstondigheid van alles wat gesien en geweeg kan word,
die begrip van die volledige ondergeskiktheid van die primordiale van alle bestaan.

Geloof is ʼn belydenis dat die verborge (onkenbare),
dit wat anderkant my verborgenheid lê, ook van toepassing is.
Dit is die belydenis (verklaring) dat die ontasbare nie onrealisties is nie,
maar buite die aanraking van my vasgestelde verklaring,
dat die verborge on-/ verstaanbaar is,
maar nie derhalwe minder werklik as die dinge wat geïdentifiseer word nie.

Geloof is die erkenning dat die waarneembare inmekaargevleg is in die verborgenheid,
dat die geheimsinnigheid van die sienlike werklikheid
bό die entiteit uitwys na die primordiale Geheim.
Die enigste waaragtigheid na my Skepper self.
Dit sou efemeries van my wees om te betwis dat die verborgenheid ook waarheid is. Geloof is die bewys van die verborge dinge wat ek nie sien
en derhalwe ʼn vaste vertroue op die verborge dinge waarin ek hoop.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

VERBORGE
Puik gedoen! As die mens net altyd tevrede kon bly glo en op die onsienlkike hoop ,ten volle vertrou en vashou aan SY beloftes , tevrede kan wag totdat ons ten volle ken en sien..Maar dan sou ons sekerlik selfgenoegsaam wees en nie meer ons afhanklikheid besef en hoe ons Sy genade nodig het om nie die onsienlike te wil verstaan met ons menslike verstand nie..
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


verborge
Arnold hierdie is n wonderlike getuienis van wat ons glo en vertrou. Onverbeterlik
4 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


Verborge
Puik filosofie en uitstekend verwoord. KOMPLIMENTE, Arnold!!!
4 jaar 3 maande 12 ure oud


Verborge dinge
Weer een van daardie groot waarhede waarvan nie een van ons kan ontsnap nie.
4 jaar 3 maande 15 ure oud


verborge dinge
Dankie Arnold ja jis jy het n mond vol hier gepen. My ma sou se; so bek kort jam.
4 jaar 3 maande 16 ure oud


Verborge dinge wat ek nie sien.


Hierdie werkie van jou getuig van deursigtige insig en wysheid en verbreed my aanvoel van Paulus se definisie en uitleg van 'geloof' soos veral verwoord in Hebreërs11:1 e.v.

Baie dankie hiervoor!
4 jaar 3 maande 16 ure oud


Geloof
Uitstekende werk!!!! Baie mooi geskrywe
4 jaar 3 maande 16 ure oud


Geloof
Sho, hierdie een was baie harde werk!
Uniek en wel gedaan!
4 jaar 3 maande 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar