Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Koue yster in my hand
die wapen wat my gees brand
die lewe het `n nuwe mag
`n vuur wat in die nag jag

Die donker hardloop goddeloos
onheilsaam swart en bitter boos,
lugtig in die sig van woes wrede wraak
geharnas, blink gevryf, vlamme dans in
beeldryk spieëlbeeld van Verderfengel
Vrek vrot vleis die kanker van mensdom
die son strale van die goue eeue saal
wit perde en slaan stof in sondige swak
siele

dorsstokke fluit in die wind
knuppel kopbene knots teen klippe grys
groot geweldige singende swaarde soen derms en amputasie
ek is die ridder wat jou vel afskil
ek is die ridder wat die euwel aanval
mis-doeners vrees die rooi swaard wat die
ylhoof kap en murgbeen flenters trap
yster-oor, yster-hoef twee oë loer uit `n gleuf van `n valhoed

moor moordenaars geen ontferming vir die
on-beskerming van songode en heiligdom
realiseer die revaluering
van aksie
verkragter, leuenagtig, en die rot skelm kakkerlak wat kruip in die hoek strate
Ek kom.

Wraak in vlamme wederkoms
voel die vrugtige begin wat groei oor die vals leuens wat soos parasietplante oor die lewe klim

Onder mure van goud ge-vlinder, kastele
en argitektuur suiwer die onsuiwerheid
negentig grade maal vier
maak die dier dood en bou die nuwe oor die
as van die plosiewe onopgevoede vuil hond stront wat stink

Torings tot die hemele natuur van die geestelike engel in `n mense wese
Swaai die degen in jou hand
voel hoe dit
voel
die regte gesegde
hef jou hande na die paradysagtige droomgesig
en veg
maak reg
weerlig strale
siel swaarde
skeer die skaap jas van die wolf se rug af
kies jou kant
beskerm jou land
voor die donker jou kinders verewig in die hel
kom brand.


© allofmind



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Staafrym
Die staafrym pas jou tema goed. Stam uit germaanse mitologiese heldedigting.
Oefen bietjie, en daar kan nog goeies tot stand kom.
Waarby hierdie ene seer bewegend is.
c];o)
GvT
4 jaar 11 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


-
Jou styl is baie bekend ...
4 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


Verderfengel
mooi gepen... diep woorde
4 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maanvrug

deur Maangodin

Die, nou al berugte, eerste erotiese Afrikaanse roman.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar