Gedigte

Titel: Vere
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Op ‘n dag soos vandag
kom speel paradysvlieëvanger
wegkruipertjie tussen groen blare
langs my slaapkamervenster -
sy stert hang lang oranje linte,
swiepswaai tussen die takke
soos hy vlieg en draai
en sy helder liedjie sing
wat warm vreugdes bring
op ‘n dag soos vandag



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vere
Baie dankie vir hierdie pragtige bydrae tot die KANSA projek.
2 jaar 5 maande 4 dae 11 ure oud


Vere
Een van daai dae...daar is altyd mooi wat ons omhels al lyk die lewe hoe vaal!

Baie mooi.
2 jaar 5 maande 1 week 1 dag 14 ure oud


Z
Selfs in die "koue" is daar vreugde. Ek hou van wat ek tussen die lyne lees.
2 jaar 5 maande 1 week 2 dae 5 ure oud


***
Goed verwoord, E.
2 jaar 5 maande 1 week 2 dae 8 ure oud


vere
Kan dit vreugde vir een dag wees want mens weet nie wat die volgende dag inhou nie.
2 jaar 5 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


Vere
Mooi!
2 jaar 5 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


vere
Baie goed geskryf. Dit laat my dink aan iemand wat die besluit geneem het om vir die dag te lewe en net te geniet wat elke dag hom/haar bied.
2 jaar 5 maande 1 week 2 dae 14 ure oud



Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar