Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

al die winters van my lewe,

en herfs sondes van ouds,

dié stuur ek in ‘n brief

sonder ‘n posseël aan die

man anderkant die maan,

lunastraat sewe en

agter mal piet willemse se pondokkie

wat soos ‘n skeel-oog blik die

rillings teen my rugnerwes laat verby bibber



want daar, in die voorportaal,

het ek, sonder om dit eers te besef,

gewag op die engel wat my hart sou wegraap,

op die koms van die nooi van my inceptions en

sedert jy soos ‘n reënboogstraal my

weerkaart van ‘n lewe getref het,

is ek die face van sunshine me



so daai wintersbrief,

sonder die stêmp van die posduif,

mail ek met graagte for free-niet

cos why die strale van jou smile,

maak elke dag

die kamers van my hart

‘n status update virie somer



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Hou sommer BAIE van die vers, veral die slot. STUNNING!
8 jaar 6 maande 1 week 2 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    ORAL IS MY GOD

    deur Johann P. Boshoff

    N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar