Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Met jou ou flenter-vodde hoed,
oë stokstyf starend na niks,
diep-kerf plooi vergete gisters,
slegs ‘n hand wat bedelend bewe,
hoe kan jy so mors met jou lewe?

Die steeg en karton as jou woning,
daar’s vir jou geen ander plek,
hoeveel lange, koue winters,
lê jy hier plat, vuil uitgestrek?
met kankervlekke oor jou lyf.

Niksseggend, taai-strak gesig,
word neus aan repiesmou gevee,
is dit hoe mens boedel oorgee?
Voete haas snel- stil verby,
te trots of besig om uit te vra,
kan ons kos of geldjie bydra?

So gaan jou lewe ongestoord voort,
jou belange, gawes, siel oorboord,
een ding sou ek graag wou weet -
was jy dalk ‘n dokter, prokureur
almiskien ‘n springbok atleet?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verflenterde Letsels
Woorde kan soms die onbekende so mooi omskryf, uitstekend! Hierdie is werklik iets uit die siel.

Dit laat 'n letsel op my.
4 jaar 5 maande 2 weke 6 dae 19 ure oud


letsels
gedryf of vasgespoel tot op die periferie van die lewe - en die massas jaag verby!
Puik skets wat noop tot nadenke!
4 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


Verflenterde letsels
PRagtig beskryf. Ons moet so dankbaar wees vir wat ons het, en dat ons nie daardie paadjie moet loop nie. Tussen daardie verflenterde letsels skuil dalk n dominee, advokaat, prokureur. Almal eers gesiende mense en nou verflenter met die letsels vd verlede. Prag stukkie werk
4 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 4 ure oud


Verflenterde
Vir elke bietjie wat ons het moet ons dankbaar wees, daar buite iewers is iemand wat nog minder het. Pragtige skrywe
4 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 17 ure oud


*
Roerend!

Dit maak my so hartseer om haweloses te sien. Elkekeer klim daar 'n knop in my keel, 'n benoude knop wat nie wil weg gaan nie.

Ek het nooit gedink dat hulle 'n dokter/prokereur/springbok atleet kon wees nie, maar ek dink jy het my oë oop gemaak. Ek dink nie ek het myself al ooit kans gegee om te dink dat hulle "vorige" lewens kon gehad het nie.

Hierdie een het my diep geroer en ook herinner dat ons nie ons medemens moet miskyk nie.

Ek het nuwe oë.

Dis pragtig.
4 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 4 ure oud


Verflenterde Letsels
My diep geraak. Hoe baie loop ons gesig-weggedraai verby sonder om te wonder wie die mens eens was? Uitstekend.
4 jaar 5 maande 4 weke 3 ure oud


letsels
Dis baie moeilik vir ons om te verstaan hoe mense op so 'n plek in hul lewens kom. Goed beskryf:-)
4 jaar 5 maande 4 weke 13 ure oud


Letsels . . .
ek onthou hierdie een . . . dit vat aan mens se hart!
4 jaar 5 maande 4 weke 14 ure oud


Letsels
Jislaaik man, dis 'n goeie gedig? Het jy al vir so iemand die vraag gevra?
4 jaar 5 maande 4 weke 21 ure oud


Verflenterde letsels
'n Baie raak beskrywing, en ja hulle moes ook iewers in die samelewing eens op 'n tyd 'n plekkie gehad het.
4 jaar 5 maande 4 weke 21 ure oud


Verflenterde letsels
soos Neels se.. lewenswrakke wat soos kepe in die nag ons paaie daagliks kruis... n diepdink gedig PUIK gepen!
4 jaar 5 maande 4 weke 23 ure oud


letsels
Lewenswrakke wat mens laat wonder en in ins tye kan dit so maklik gebeur
4 jaar 5 maande 4 weke 23 ure oud


flenters
Laat mens dink ne
4 jaar 5 maande 4 weke 1 dag oud


verflenterde letsels
Goed gepen.
4 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud


Verflenterde letsels
Jinne Evelyn, hierdie is 'n gedig wat diep tref.
Baie dankie!
4 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    BLIKeMMER

    deur natasha dutton

    "...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar