Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek voel die winter in die somerbries
vroegmôre deur my kamerruite waai
en buite word die doringboom verraai.
In sy elk' blaar skuil daar 'n soort verlies –

die herfs lê immer in die wind se kies.
As suidoos na die noordwes begin draai
word fyn loof om die skilferstam* gesaai
die najaar bly die draer van die nuus;

die lewe's net momente in 'n uur
bloot die polsslag wat ritme in 'n dans
'n oomblik in oneindigheid se tyd.
Soos 'n vonkie wat knetter in die vuur
of 'n ster verskiet teen die hemeltrans –
'n groot oorwinning én verlore stryd



*skilferstam – papierbasdoring (Acasia species)

© Carma Shaw
21 Januarie 2016



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verganklik
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
4 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud


Verganklik
die lewe's net momente in 'n uur
bloot die polsslag wat ritme in 'n dans
'n oomblik in oneindigheid se tyd.

AMAZING woorde!!!
4 jaar 4 maande 1 week 9 ure oud


Oorwinning
Wat sal nóú die regte woord wees . . .

. . ., . . ., . . ., . . ., . . ., . . . uhhhhmmmmmmmmmm . . .
Nee, ek weet nie. Al wat ek kan sê: Dis volmaakte digkuns.

(Ek het nie 'n probleem met "verlies" nie. Ek verstaan dat elke blaar, hoe volmaak ookal, eendag verlore gaan. Maar tog ook nie. In elke blaar skuil weer lewe vir 'n nuwe blaar.)
4 jaar 4 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


verganklik
"In sy elk' blaar skuil daar 'n soort verlies"
Wow. Dit laat mens sommer hartseer voel.
4 jaar 4 maande 1 week 3 dae 13 ure oud


Verganklik
absoluut briljant!!! PUIK
4 jaar 4 maande 1 week 3 dae 15 ure oud


die weervoorspelling
fabulous digkuns.
(sien..dis hoekom ek nou die dag so kwaad was oor daai annir werkie!..).....
*************
moet dalk die 1ste vers in jou volgende bnudel wees
net een ding:
In sy elk' blaar skuil daar 'n soort velies –

verlies?
4 jaar 4 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


***
Maggies, Carma, dis nou werklik 'n kunswerk!

Jy raak al beter en beter...
4 jaar 4 maande 1 week 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar