Gedigte

Titel: Vergeet my nie liewe mens

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vergeet my nie liewe mens,
seer het ek vandag,
Hartseer en pyn onbeskryflik groot,
en ek trek aan die kleinste loot.

Vra om hulp, skree om hulp,
maar net aan homself kan hy dink.
Sien nie my pyn, sien nie hoe ek kwyn.
Ek wens ek kan n einde maak,
einde aan my pyn.
Dit brand vreeslik hier in my hart,
ek is baie verwart.

In die liefde glo ek lankal nie meer,
niemand wil jou keer.
Haat jouself, hy wil nie meer,
ek wens ek kan alles omkeer.

Weer roep ek om hulp,
baklei vir tyd, en weer loop ek verwart uit.
Seer wat jy nie kan beskryf,
aandag wat jy maar kan afskryf.

Jou hart is in skerwe,
jy op jou laaste nerwe,
niemand kom agter jy sterwe.

Al wil jy vandag so wens,
vergeet my nie liewe mens.
Seer het ek vandag,
nie net in my vlees en gees,
maar in my hele menswees.



Kommentaar

Vergeet my nie ...
Ek het jou smekinge deur die lyne gehoor ... en gou vir jou kom griffel op die woordservetjie: ek het jou nie vergeet! Skryf is 'n kruk waarop baie van ons woesters steun. Gebruik dit ... ek kom weer verby!
3 jaar 8 maande 1 week 2 dae 18 ure 17 minute oud



Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar