Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek het myself vir jou gehou
Ek het jou met my lewe vertrou
Ek het gedink jy voel soos ek
Ek, die dromer, die maagd, die gek
Ses-en-twintig jaar het ek getrou oor jou gerou
Gerou oor wat nooit was nie
Getrou aan wat ek gehoop het
Jy het die sneller getrek
Koelbloedig my vrouwees vermink
Jy het gemik en weer die sneller getrek
My vrouwees vermoor
My gees weggetoor
Is daar blackmagic in jou, geslote boek?
Jy, die geheim waarmee ek my lewe moet deel
Jy, baksteenmuur
Blok graniet
Onbereikbaar ver
En ek?
'n Verskiete ster
Uitgebrand in n heelal vol niks.

Anna Brandstapel



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar