Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Is jul dan tog net afbeeldings van graniet
van vervloë dae se oorwinning en verdriet -
weet ons kinders se kinders van jul gisters
of was jul lewe gegee, pure verniet?

Skuil ons helde net tussen vergeelde blaaie
van ou geskiedenis boeke in vergete laaie
of het ons al - tyd geneem om te dink
of versuip ons met ons daaglikse draaie.

Gaan staan vir 'n oomblik stil...

Kyk dieper as die gewone kyk
en sien, ja sien hoe jou medemens lyk -
daar stap helde en heldinne tussen ons,
wat onwetend na hul medemens reik.

'n Sekonde van deernis gegee,
'n sagte stem wat oor hartseer tree...
of net 'n helpende hand
in stilte verleen.

Niks is vanselfsprekend...

Innerlike sterkte skuil by elke mens,
maar te veel is vasgevang agter 'n grens
van wanhoop en vergeet hul doel
in die lewe en verloor hul wens.

Ons sien nie meer ons helde tussen ons...

Ons het vergeet om op te staan en weer
te probeer...versonke in ons eie seer,
Vergeet om te sien en te luister...
om soos 'n kind sy held te vereer.

Stof af jou gewete my vriend...

Wees 'n held in jou kind se oë,
staan bietjie stil by 'n ou geboë
hoof... reik uit met 'n sagte hand,
ja sonder graniet of eie verdriet
word jy 'n legende in jou eie gebied.

Cornien
06/09/2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vergete helde
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die SA HELDE projek.
4 jaar 5 maande 5 dae 22 ure oud


vergete
Dis die vraag of ons helde op ons eie gebied is. Mooi opbou na 'n slot om aan te herkou.
4 jaar 5 maande 6 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar