Gedigte

Titel: Vergewe my
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

saam het ons gehuil
as boudjies blou geslaan
hartjie aan flenters
en traantjies nie wou opdroog

troostend het ek jou teen my vasgedruk
nie geweet wat volgende kom
snikkend het ek jou aan slaap gemaak
gebid vir jou om genade

hoe groter jy word
het houe opgehou
maar woorde het verpletter
dieper gesny waar geen lem kon kom

ek kon jou nie meer vasdruk
net sien hoe jy vernietig word
my gebede het nie opgehou
maar jou siel het gekwyn

nagevolge maak ‘n rebel van jou
leuens en diefstal word jou lewe
my moederhart breek aan skerwe
as jy vonnis in oë staar

vergewe my vandag
vir jou marteling
jou hartseer en pyn
lyding deur jare heen

© ANS BOTHA




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vergewe
Hierdie is swaardsny seer gepen. Ons as ouers kan net soveel doen en hulle dan in Skepper se hande los.
5 jaar 3 weke 5 dae 17 ure oud


Vergewe my
Daar is niks so erg soos jou eie kind wat rebelleer, dwelms misbruik of in die tronk beland nie! Baie goed geskryf, sterkte.
5 jaar 1 maand 9 ure oud


vergewe my
Ans dis 6 uur en ek het nog net een koppie koffie gehad en hier kom jou gedig en maak my half slapende hart total en al, heeltemal wakker maar hy word wakker met n snik en en paar trane, jou gedig is vir my ongelooflik mooi en het so baie betekenis, ek ken n vroutjie wat alles deurgaan wat in jou gedig staan. en ek kry haar altyd so jammer. Dan kan ek my Skepper nie genoeg dank dat my seun nog normal is sonder bobbejaansstreke.

Ek moet jou prys Ans jou gedig praat diep en is besonders mooi, jy slaan my hart tot hy huil, woord vir woord en die emosie in jou gedig so hartseer.
5 jaar 1 maand 1 dag 19 ure oud


*
Jy het die gedig so opreg vir my geskryf. So baie gevoelens vasgevang en tog geen verwyt nie. Dis 'n opregte moederhart. Pragtig verby!
5 jaar 1 maand 2 dae 8 ure oud


vergewe my
Sjoe Ans, dis hartseer en weerspieël groot pyn.
5 jaar 1 maand 2 dae 8 ure oud


Vergewe my

En so weet 'n mens nie wat 'n ander ouer deurmaak om die kroos ongeskonde aan die samelewe te gee....

Bid is die enigste oplossing.
5 jaar 1 maand 2 dae 10 ure oud


vergewe my
sjoe Ans hierdie is diepseer woorde so mooi uit n opregte moedershart gepen!!!
5 jaar 1 maand 2 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar