Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Verjaar… wat ‘n gevaar

Die lekker wanneer almal oor jou bohaai
en jy vir die dag koningin oor almal kraai,
die warmte daarbinne stoom sommer op
as liefde die eensaamheidskraan toestop.

Verjaar… wat ‘n gevaar

Almal babbel en eet al jou harde werk,
eintlik is jy steeds alleen sonder perk,
want iemand moet die ding laat word
en oor die gaste versot- genot uitstort.

Verjaar… wat ‘n gevaar

Hoekom is verjaar dan soseer ‘n gevaar?
Jy was ‘n hele jaar jonger die vorige jaar
en as jy op jou tone met wiskunde is
is daar die moontlikheid dat jy ouer is

Maaaar…

Verjaar bly altyd ‘n lekker ding,
veral as almal so gesellig sing
en jy soos ‘n koningin dan voel,
weet jy die dag is vir jou bedoel.

Nou ja, ek weet jy’t sowaar lekker verjaar,
ek dink die beste een ooit vir jou gespaar.
Dié geskenkiegedig is liewer laat as nooit
maar ekself daar, was dalk die beste ooit.

© Henry Luyt 15/07/2010
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Like dit!
9 jaar 10 maande 2 weke 18 ure oud


Almal babbel en eet jou harde werk... dis te oulik geskryf, ek hou baie daarvan
9 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


Bravo Henry, dit was voorwaar 'n fees gewees
Pine het nogal 'n punt beet hoor LOL
9 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 6 ure oud


Janee, ek kan ook maar net beaam wat al die ander al reeds gesê het. Dit was 'n party duisend! Robelle kan maar twee keer per jaar verjaar! Mooi geskryf Henry!
9 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 7 ure oud


Die lekkerste is die kersies uitblaas en ..., Lekker Jolig , Groete , BERG
9 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 8 ure oud


Mooi gedoen Henry! Jy is inderdaad die ridder op die Witperd!
Ek hoop jy besef dat jy nou vir al die vrouens op woes 'n versie sal moet skryf. 'n Ordentlike een, want dit is nie raadsaam om een vrou voor te trek nie..... al is dit Robelle!
So as ek jou kan raad gee begin dadelik om geboorte datums te versamel en onthou "Gentlemen" vra nooit 'n vrou se ouderdom nie!
Voorspoed vorentoe vir jou met hierdie m*@*se taak!
Oja, ek het ook 'n versie geplaas wat jy vir my kan uitmekaar trek....
9 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud


Oulik. vir iemand so spesiaal.
9 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 9 ure oud


Nou Robelle, as jy nou so sê, wat kan ons volgende jaar doen? Ons sal iets baie snaaks moet uitdink as dit dan hierdie een moet klop!

Baie mooi geskryf, Henry. 'n Mooi gedig vir 'n liewe klein vroutjie! Kyk solank na jou almanak vir volgende jaar!
9 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 10 ure oud


Ek stem saam met almal!! Jy het die gawe om gemaklik met woorde te toor..en ons harte te betower!! Pragtig geskryf!!
9 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 20 ure oud


Voorwaar Henry se humor op sy BESTE:-)
9 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Dit is werklik goed verwoord, Henry. Dit is so uit die hart, soms so tong in die kies;. Jy het dit baie mooi geskryf - 'n lieflike geskenk.

Groete

Marcelle
9 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud


Lieflike woorde aan 'n verjaardagdame
geniet ons dit toe almal tesame
maar die jare staan nie stil
jy kan ouderdom nooit verkul
maar dis die hart wat jonk voel
wat slaag in ewig jonk wees doel!
9 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud


jy het 'n ongelooflik-kosbare vermoë om woorde te laat praat.
a.
9 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud


hahahahaha baie dankie Henry!! ek verjaar nou al die hele week! Ek waardeer jou mooi gedig! baie dankie, en JA!! dit was my beste een OOIT!!
9 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

vir koeitjies en kalfies

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Lekkerleesboek met kort stories vol liefde, spesiaal vir vrouens en kinders.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar