Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Slepende voete
slaan stof uit die aarde op
wat oë verblind

tussen tyd en ewigheid
maal siele rond
op soek na iéts
maar stomp vingerpunte
kan die braille nie lees nie

dit wat vry gegee was
lê oop en bloot
bedek

en honde jaag hul eie sterte
met aanhoudende getjank
waar smekende monde
op dowe ore val

© C. Potgieter 2013-12-23




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verklaring
Dis pragtig Charmain, soos al jou ander gedigte.
6 jaar 3 dae 12 ure oud


.
Ek het 'n oom geken wat se vingers regtig so stomp was dat hy nie vingerafdrukke gehad het nie.
Dit was 'n storie wanneer hy sy ID/lesensi hernu het.

- en, seker sal niemand hoef te gesmeek het, as almal ewe veel omgegee het nie.

hou hiervan.
6 jaar 4 dae 12 ure oud


***
Oop en bloot bedek.......
Laat my dink aan die Jode wat hul eie Messias gekruisig het omdat God hul oe verblind het. Ons kyk en kyk en kyk, maar sien nie!

Diep, vra na bepeinsing. Uitstekende werk!

6 jaar 4 dae 21 ure oud


verklaring
Pragtig Ek sê altyd dalk e;lke digter op Woes sy eie unieke styl het en jy het n pragtige styl
6 jaar 5 dae oud


O
Ja nee ek raak skoon bang vir al sie beelde wat dit optower.... uitstekend
6 jaar 5 dae 1 uur oud


***
Skryf jy darem nou diep wysheid en waarheid hier los. In briljante woordkuns.
6 jaar 5 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar