Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



'n bakhand vol sterreprag
in 'n bodemlose nag
waar ek jou stukkend mis tussen gisterlag
en môre se verskroeide hoop

droog my hande aan sagte moeselien
en kyk hoe die enamel waskom leegloop
terwyl my gedagtes blikaspaai
by  jou

ek verlang,
sukkel om gate toe te stop
wat oopval soos ek struikel oor
jou skaduwees en fronse

weeg jou nabyheid in pennies en ponde,
voel armoede kleef aan lyntjies
in my hande wat wandelpaaie oopkloof
reguit na jou toe

toe die gaslampe doof en donker spoke
dans tussen grondseil en tent,
kies ek 'n volkleur droom vol van jou,
snoes dit in my slaapsak
en verbeel my dis jou hand
wat slaapwarm sluimer teen my bors.


© 2010 Almarie Truter












Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verlang is sos dooie man
Spesiaal. Baie spesiaal. Soos 'n wegkomnaweek langs die rivier. Jy wil alleen wees om te verlang.
9 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Verlang
Mooier as mooi gestel ,verlange kan in soveel kleure en geure geskryf ,jy doen dit in Rooi Angelier.
9 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Ek stem saam. Verlange is als wat erg is. Jy sit dit so mooi in woorde om.
9 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


hierdie een uitstekend gunsteling.
9 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud


beautiful, soos altyd !
9 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 1 uur oud


verlang is soos doie maan
Maankind jy weet tog al te goed hoe om verlange met dooie maan te vergelyk, jou woorde so stylvol en paslik saamgesmelt in hierdie hunker mooi gedig! Eenvoudig te pragtig!
9 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 3 ure oud


Dis pragtig, jou handgebare gebruik jy in mooi woordvorming, en dan die ander een se hand warm teen jou bors. Mooi gedig
9 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


Ek hou van die manier waarop jy die beeld van 'n hand gebruik. Die onmagtigheid van die magtige HAND wat veronderstel is om alles te kan maak gebeur!
9 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 7 ure oud


Pragtig, gevoelvolle gedig.
9 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud


Te warm en snoesig vir my..

Nogsteeds fokken goed gedig! Wel gedaan!
9 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud


jy is n kunstenaar.
by uitstek...
suid-afrika se pierneef van poetry.
veral hierdie kan geen prys opgesit word nie:
toe die gaslampe doof en donker spoke
dans tussen grondseil en tent,
kies ek 'n volkleur droom vol van jou,
snoes dit in my slaapsak
en verbeel my dis jou hand
wat slaapwarm sluimer teen my bors.

afrikana.
9 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 17 ure oud


Daardie intense verlange het jy so goed verwoord! Gate wat nie toegestop kan word nie.
9 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar