Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek verlang na dinge wat was.
Soos ‘n skilder na sy kwas.
So verlang ek na dinge wat was.
Vandat ouderdom vat aan my bas,
is daar baie dinge in my lewens tas,
maar wat nou is vir my liggaam ‘n las.
Wat se dinge mag jy vra?
Ag sommer die kleine lewens dinge, - ja.
Ag sommer baie dinge, - ja.
Ag - ek wil niemand hiermee pla,
anders mag jul dink ek kla.
Dis nie baie wat ek vra.
Soos om te dans.
Soos om te hou my balans.
Soos om te loop sonder kierie.
Soos om te eet ‘n mielie.
Natuurlik met my eie gebit.
Nie met vals tande wat skeef sit.
Om op te staan uit ‘n stoel,
sonder om vir die kierie te voel.
Opstaan sonder gekreun, gesteun en gestoei,
sonder om my liggaam tot uiterste vermoei.
Om my klere reg aan te trek,
sonder om my arms te strek.
Om my skoene vas te maak,
sonder dat my rug pyn en kraak.
Om in en uit die bad te kom,
sonder sukkel en gebrom.
Om te onthou wat iemand my gister sê,
wat hy vir sy verjaardag wil hê.
Wie wil dan tog nog verjaar,
ek dog die lewe is met my klaar.
Ag, - as ek net kon doen die dinge wat was.
Dan besweer ek die ouderdom aan my bas.
Ja, - ek verlang na die dinge wat was.
Soos ‘n skilder na sy kwas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verlange na dinge wat was
Pragtig!
10 jaar 5 maande 3 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar