Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Verlei my
met die weelde
van jou smaraggroen oë

verlei my
met die argitektoniese wonder
van jou asemsnak heupe .

Verlei my
met jou onweerstaanbare laggie
met die duiweltjies wat dans
in jou ondeunde kyk .

Verlei my
met die fluweelval van jou hare
met die fladder van jou wimpers .

Verlei my
met die snak van jou asem
met jou naels wat liefdesvoortjies
in my rug insny .

Ag , verlei my
sommer net omdat jy kàn
sommer net omdat ek wil hê jy moet .


( 27/12/2015 12h35
** Vir my Feëtjievroutjie

Jip . Ons almal wil graag verlei word .
Dit bewys dat die ander party omgee .
Dat die ander party jou nog begeerlik vind .
Jou nog liefhet .
Dat jy dit nog vir die ander party doen .

Maar verhoudings is soveel meer kompleks as die obvious .
Verhoudings het soveel boublokke .
En die een (ver)lei na die ander een .

Of nie .

Sien , dit kos ñ hele bou package om ñ huis te bou .
Nie net finansiering nie . Net net bouplanne nie .
Nie net bakstene nie . Nie net sand nie
Nie net sement nie . Nie net klip nie .
Nie net dakbalke of teëls nie . Nie net vensterrame of glas nie .
Nie net kosyne en deure nie . )
Dit kos dit alles .
En sweet . En beplanning .
EN spanwerk .
24 uur per dag . )



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verlei my.
As die pot se deksel goed pas hoekom wil 'n mens dit op 'n ander een probeer maak pas. Die arme pot kan mos nie dieselde hamonieuse deuntjie sing nie.
4 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 13 ure oud


Verlei my


Nou daar het jy dit sommer so gratis en verniet en dit nogal van ons GROOTMINNESONDAAR! Jip! Nes jy daar sê.
(Snaaks dink ek nou moedswillig daaraan dat ons oues der dagen meer oor die dood filosofeer as julle jongerklomp wat weer ernstig filosofies raak oor die liefde en Eros...)
4 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 17 ure oud


Verlei
Verleilesse, liefdeslesse en boulesse - alles ineen. Baie dankie Rudi :-) Ek het hierdie bydrae baie geniet :-)
4 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 17 ure oud


Verlei
Pragtig Rudi.

Ek is mal hieroor.

Dit is so wonderlik dat mens na soveel jare saam nog verlei wil word en terug wil verlei. Dis deel van die suurstof wat die vlammetjie aan die brand hou.

En ja... spanwerk, saam swoeg en sweet en sout opvreet maak dit alles werd.
4 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 6 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar