Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Here nee, ek weet nou regtig nie meer,
hoeveel aanvalle moet ons dan nog keer?
Niemand glo kinderharte is boos,
niemand glo hul slaan ons siele voos.

Die oudste een het haar haat bely,
toe die welsyn haar vat het sy nie eers gestry,
sy’t die stukke gelos van haar vernietiging
en glo ‘n welsynshuis sal vir haar vreugde bring.
Hoe kan ‘n kind van vierteen jaar
soveel haat in hart vergaar?
Wat gaan van hierdie jong dogter word
as niemand daar is om te keer as sy ineenstort?

En dan is daar nog die jongste ook,
die dinge wat sy doen lyk soos haar sussie se spook.
Sy is ‘n skrale elf jaar oud,
maar sy beskou leuens en maskers as haar behoud.
Sy vernietig en verniel die goed wat ons gee
en sê sy wil ons uit haar lewe vee.
Sy erken sy kan nie ophou lieg en steel
en ‘n ouer-kind-verhouding is vir haar te veel.
Sy vertel vir ons reguit wat sy van ons dink
en dat sy al klaar nuwe ouers het wat vir haar wink.

Here nee, ek wil nie eers dink aan die goed wat gebeur,
dit voel soos 'n eindlose nagmerrie vol van bloed en van seer!
Die hele gemeenskap staan met swaarde alweer,
hul ken nie die feite en glo dis óns elke keer.
Here asseblief, gryp tog in met hierdie gemors,
U weet wat ons deurgaan, asseblief Vredevors!
Ons is moeg vir swaarde wat ons wil deurboor,
mense wat leuens glo en die kinders aanspoor,
ons smeek U Here, open harte en oë
en verander ons storms in sagte reënboë ...

12/10/2009



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skitterend vertel, die naakte waarheid in jou woorde oopgevlek.
a.
9 jaar 7 maande 2 weke 10 ure oud


Die hartseer waarheid wat so seer maak,sterkte.Groete Johnny
10 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 22 ure oud


Pragtig en met baie seer gevoel geskryf!
10 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 5 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar