Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Was dit jy of die blom

wat gehuil het op die trap?

Trane wat stil en stom

hul storie vertel sonder grap.


Vereensaam in jou verwelkte skadu,

skree jou hart ’n stille kreet,

vasgevang agter lewens tralie –

werklikheid ongenaakbaar en wreed.


Niemand wag – niemand vra

na jou welstand

of wat jou pla,

almal spoed na die anderkant.


Kom lȇ teen my bors

en wit jou gesig,

voed van my lief – voor jy dors

na meer in wȇrelds lig.


Voel die aar’slag van die son

in my siel en drink sy dou...

ervaar sy sagte vertroosting

voor hy sak op die horison

en sy wit kleed vou

om die trap van slegte tyding.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
hou hiervan.
somehow werk dit.
goeie slot
8 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Ontdek die Siel in my

deur helna

Dis vir my 'n eer om my eerste digbundel te kon uitbring. aangesien ek 'n passie het vir die kunste is die omslag een van my eie werke! "Ontdek die Siel in my" het sover net positiewe kommentaar ontvang, kom deel asseblief hierin.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar