Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

VERLORE SEUN
Ek het die pad na nerens geneem-my erfporsie ge-eis
Verwaand eise gestel-my koffer met gekheid gepak
My skoene die pad gevat-wat nerens heen lei
Nodeloos was U-in my doelloos ,maalkolk bestaan

Die pad het gekronkel-met versoekings besaai
Mooi lyk vriende het my ook nog verrraai
Met n lee beurs het die retoer rit begin-met lyf wat knak-sonder hoop
Die koue wind in gewete my laat besin-het ek die pad terug begin loop

Ouboet het dinge vir Pa pateties reg gedoen
Ouboet het gesmag na my vryheid-hom ontneem
Swakkeling jaloers-het tuisbly sy tol ge-eis
Vader se staar na horison-hom diep gepla

My plesier rit baie seer merke in my siel gebrand
Stukkend-gebroke my Vader vir my in sy koelte wag
Broer gebelg-my beker loop oor-ek smaak die genade van bo
In God se liefde knus toegevou- my vergeef en hou-as Vaders eiendom beskou

Ek is in my diepste seer-want ek het U liefde verbeur
Raak my broer net aan-laat hy U liefde smaak
Want U liefde vir beide-weeg ewe veel op U skaal
Dankie vir U geduld-dankie vir die wag-U genade het my weer kom haal
Alec carte’ Copie reg



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die pad huistoe loop soms met snaakse draaie. En soms volg jou hart ver en vreemde roetes, by die huis, maar ook nie werklik tuis nie. Pragtige Bybelse verhaal van 2 "rustelose" harte.
5 jaar 4 maande 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar