7 engele sweef in formasie
vlerkpunt teen vlerkpunt
– o , wat ñ breath taking sight .
Hulle hare wapper in die wind
en agv hulle onmiddelike lokasie
( laatmiddag teen die westelike horison
their wings catching the shimmering light ) –
skitter hulle oë-verblindend .
ñ Blindeman wat bedelend staan
op die hoek van Kerk-
en Paul Krugerstraat kyk op
en sien die lig ...
Toe , terwyl hy Hallelujah sing
in die suiwer van suiwerste stem
( wat mense laat stop en omkyk )
stap hy reg voor ñ bus in .
( sy agtjarige dogtertjie al gillend agterna ... )
7 engele sweef in formasie
vlerkpunt teen vlerkpunt
– hulle trane val op die sypaadjie .
( 13/01/2016 18h39 )
Sjoe, Rudi!
Hier is so baie diepte in die gedig - en jy weet mos, ek lees wat daar nie staan nie... Ja, tussen Kerk en Staat is ons arm en blind - maar as ons die Lig gesien het, "leef die EK nie meer nie, maar Christus leef in my.." Die trane op die 'sypaadjie' - die wat lángs die "Pad" loop, bedroef die Heilige Gees, want daar is so baie onvolwasse Christene wat 'gillend' die tradisie volg sonder om sélf die Lig te sien..
Jou gedig is soos 'n diamant - each wing catching a shimmering Light...