Gedigte

Titel: Verraad
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nog heeltyd
is ek
die vark
in die verhaal
slaap ek nie
as gevolg van skuldgevoelens
en skaamte
dat ek jou
nie emosioneel
ondersteun
of bevredig nie
slaap ek nie
soos ek probeer meer word
soos wat jy sê
jy nodig het nie
tot vanoggend
toe ek agterkom
daar is iemand anders
al lank
wat jy begeer
en skelm ontmoet
en dinge mee deel
privaat
intieme dinge
oor jou
en my
oor ons

en nou weet ek nie
of ek kwaad moet wees
oor jou verraad
of verlig
om te weet
nie alles
is my skuld nie





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verraad
sjoe hierdie is diepseer en baie bitter maar goed gepen!
4 jaar 10 maande 1 week 17 ure oud


die weervoorspelling
ek dink die titel moet wees;
Selfgesprek.
(Dit gaan in die bigger picture net meer profoundly werk)

Ek hou hiervan.
4 jaar 10 maande 1 week 20 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar