Weergawe: 1
Aantal woorde: 111
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 22 Aug 2008
vir ons, was sy Ouma,
vir hom en haar Ouma Nos,
vir ander Siesie en Serah.
So was sy alom bekend,
as ‘n dierbare mens,
met ‘n groot lewens wens,
dat ons moet versoen,
laat my dink aan die kleur. . . groen,
Sy’t nie gehou, van die kleur groen,
maar gehou van die kleur, van ‘n lemoen.
Ons bly agter. . . die saad van haar wese,
Ek onthou. . . haar leuse,
“Eer jou vader en jou moeder”,
dis ons as kinders se keuse.
Laat ons as familie, versoen,
en haar eer, deur te leef as broer,
suster niggie, en neef.
Sal ons almal, saam in vrede leef?
Lees ander gedigte deur Buksie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae