Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Hoeveel verlore ure
het nie al verby getik
lank en uitgerek
sonder vreugde of geluk?

Hoeveel verlore dae
het met die son gegaan
tydleegtes soos pilare
langs die lewensbaan?

Hoeveel verlore weke
het op Sabbatdag versteen
soos siklusse van verkwisting
leeg en sonder seën?

Hoeveel verlore maande
het van die almanak gerol
en sonder spoor verdwyn
soos skimme in ’n skadukol?

Hoeveel verlore jare
het traag verbygesleep
met vadertyd wat aanhou kerf
en die rimpels dieper keep.




.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verspil
En met die waters wat verby is, sal die meul..... Spoor my sommer aan om die minute te gebruik. Puik bewoording.
6 jaar 10 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


.
Hou veral van:
'met vadertyd wat aanhou kerf
en die rimpels dieper keep.'

6 jaar 11 maande 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar