Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jy probeer die stukkies van jou hart
vir nog 'n rukkie in jou hand toevou
maar die seer maak dit onmoontlik om langer vastehou
uiteindelik verbrokkel dit in splinters van smart

Hoe koester jy die seerste seer
terwyl ander aangaan in so gebroke wêreld
vir jou is dit leeg en onvervuld
verkrag jou wese elke sekond net meer

Die gedagte van afskeid bring intense pyn
'n wrede skeuring van jouself in twee
alles binne jou wil na ontkenning skree
dat jou verminkte binneste kan verdwyn

Hoe oorleef jy elke volgende Godgegewe dag
terwyl jou hart in splinters, flenters lê
as jou lippe maar alleen kon praat, sonder wat jou hart wil sê
jou mond alleen kon lag sonder dat dit nodig is vir eie krag

Jy probeer die stukkies van jou hart met pyn opvee
al voel jy hoe diep dit sny en jou verwond
besef jou wese dit word deur rou gesond
God sal dit weer met Sy genade en liefde heg wat Hy gee


Aan Elma



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Versplinterde hart
Ja, dit is so waar, net God kan 'n gebroke hart heel en dit is uitsonderlik seer...
7 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud


Versplinterde hart
Elzabe, jou boodskap kom sterk deur in die gedig. Hoop is altyd 'n helder lig om aan vas te hou. Baie dankie vir hierdie baie spesiale, inspirerende bydrae wat jy met ons deel.
7 jaar 8 maande 4 weke 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar