Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek verdrink in die gedagte-strome
van ander,
versuip in vreemdes se gesegdes:
Die intelektueles,
die professioneles,
die sogenaamd begaafdes..

Ek hoor nie my eie lied nie,
ek kan nie die kitare onderskei
van die dromme se beat nie.

Ek moet vlug!

Ek moet wegvlug van die interaksie,
ek moet wegkruip vir die wye net
van toutologiese oormaat
onsinnige gedagtes en idees;
masochistiese onderdompelings
in ewigdurende selfgeskepte pyn.

Ek sal op die berg gaan sit,
in die veld gaan bly,
my uitsig oor die vlakte uitbrei
tot ek die waarheid
in die natuur kan kry..

Die halfmaan om twaalfuur,
'n skyfie lemoen,
wagtend,
byna surreal,
asof met oranje kwas
op kobalt doek gedoen,
hangend oor die westerkim.

Ek moet op my rug gaan lê,
onder 'n boom,
uit die strale van die droogte-son,
starend na die punt
van my hi-tec skoen..

Miskien sal ek dan,
soos oom Schalk van destyds,
Abjaterskop kan sien,
en die geelslang by die krip,
die een van die engelsman,
jy weet..

Of net 'n stukkie vergeet
kan onthou,
'n stukkie bosveld:
in die skadu's van dink aan jou..



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sjoe
Nou laat voel jy my soos 'n leek met hierdie sktyfsel van jou.

Abjater se kop en toe hy nog daar op sy rug le en dink hy sien die luiperd daar ver teen die rantjies, blaas die geeloogkolgediete waarlik al in sy nek. Laat jy my nou so lekker onthou van die perskebrandewyn en al oom Schalk Lourens se lekkerkry stories.
6 jaar 3 maande 9 ure oud


Versuip
Hou so van daai gedig se naam, want dit se sommer alles. Ons voel almal soms net soos jy daar skryf. Daar is so baie dinge in die ou lewe wat ons soms wil versuip. Vind ook dat as ek wakkerle met my alleen gedagtes die beste van my pen na vore kom. Of as ek alleen iewers in die natuur stil gaan sit en wonder die wonder van die lewe, wonder van die natuur, wonder van ons menslike rekenaar wat ingebou is bokant onse lywe en waartoe dit in staat is soos jy ook nou met die gedig bewys.
6 jaar 3 maande 1 week 1 dag 14 ure oud


*
Hierdie gedig gaan beslis na my gunstelinge toe! Dit se so ongelooflik baie!!!
6 jaar 3 maande 1 week 5 dae 11 ure oud


---
Ditsim! The less you know the better off you are. [So iets ..]
6 jaar 3 maande 1 week 6 dae 7 ure oud


Dankie
Ek waardeer die kommentaar en die moeite wat julle gedoen het om die gedig te lees..
Ek vind dat ek soms vir 'n tydjie myself met ander se gedigte oorspoel. Dan sukkel ek om my eie gedagtes agter mekaar te kry.
Soms inspireer ander se skrywes my weer. Soos die prag in eenvoud van Herman Charles Bosman se stories. Hy het die vermoë gehad om ernstige dinge met 'n glimlag en soms 'n groot lagbui in te kleur. Die boodskap is nie altyd op die eerste vlak nie, maar mens moet genoeg spasie laat vir die verbeelding van die leser om sy/haar werk te doen.
Isolasie in die natuur of selfs op pad êrens heen met die natuur buite die voertuigvensters, maak weer die woorde los. Daar kan mens jou eie stem hoor sonder dat dit deur al die oormaat inligtimg verdring word.
6 jaar 3 maande 1 week 6 dae 20 ure oud


.
ek weet nie, ek probeer dink aan wat om te sê maar hier is soveel unieke woorde in die gedig, dit raak aan my, ek voel dit en ek lees dit weer.
PUIK geskryf. Op baie manier.
ek smile nou x
6 jaar 3 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


versuip
Treffende gedig hierdie, ek hou veral baie van die laaste twee reeltjies, baie mooi verwoord :)
6 jaar 3 maande 2 weke 10 ure oud


versuip
sjoe.. ek hou baie hiervan .... sommer baie goed neergepen
6 jaar 3 maande 2 weke 15 ure oud


--
& is 'n mens darem maar nie al te geneig om hopeloos in 'n toestand van self`kasty(ding) te verval nie ... jy verwoord hierdie gevoel !Meesterlik!

Ek dink ons is dalk 'n bietjies te hard op ons`self. Ons vergelyk ons`self dalk te veel met ander wat veroorsaak dat "ek hoor nie meer my eie lied nie".

Ek kan myself nie 'n beter plek voorstel as om -al is dit net vir 'n oomblik- [weer] een te word met die natuur nie.
6 jaar 3 maande 2 weke 17 ure oud


Ano
Versuip
Wel, vir iemand wat sy skoenpunte dophou, het jy 'n wonderlike stukkie stilte hier neergepen. :-)
6 jaar 3 maande 2 weke 18 ure oud


Onthou
Mapstieks...nou het jy my van vooraf beïndruk...dis sommer pragtig...weldeurdag en goed geskryf. Los hom net so...ek het juis vanoggend vroeg gedink ek wil in die veld gaan sit, by 'n berg...en koffie drink. Vroeg...terwyl dit nog koelerig is. Jy kan maar meer sulkes vir ons gee om te lees...dis goedvoel deur en deur...
6 jaar 3 maande 2 weke 19 ure oud


***
Ménsig, skryf jy dan nou die wind skoon uit my seile uit!! Puik!!
6 jaar 3 maande 2 weke 19 ure oud


O
Bogger die intellektueles, ek kan net jou werk bewonder, dis uitstekend
6 jaar 3 maande 2 weke 19 ure oud



Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar