Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elke verhaal of vers
neergepen
is 'n flentertjie waarheid, net
'n knertsie aan geknibbel;
'n bietjie uit eie boesem gebaar
met die lig in die oog
tot insig verklaar;
'n oorprikkeling se bevinding,
onbewustelik gehoor, vorm
en voed die skrywer;
verhelder,
en vermeng
in sy vertelsels

en jý,
sonder wete, is meestal
die rede
vir al sý gegriffels...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Partymaal alleen - maar tog gebind aan een. Goed geskryf.
9 jaar 8 maande 1 week 5 dae 6 ure oud


Jip, daar is altyd 'n iemand aan al ons vertelsels gekoppel...mooi geskryf!
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 2 ure oud


Puik gedig Rina! Jou digvers spreek van insig in die skryftog van elke digter/skrywer, suiwer waarheid in versvorm vasgevang.
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 5 ure oud


Die gedig vat baie raak! Pragtig geskryf en is daar nie soveel insig in die hand van die wat skryf nie?? Baie waar wat jy hier se!
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 10 ure oud


Pragtig geskryf,mooi en waar.
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud


In die kol, Rina...pragtig!
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 14 ure oud


Dis goeie werk!

Justitia
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud


Sulke waar woorde! Mooi!
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 17 ure oud


Mooi en met waarheid se diepte geskryf.
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud


smile
9 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 23 ure oud


--
'n bietjie uit eie boesem gebaar
met die lig in die oog
tot insig verklaar;
-- !Stunning! geskryf Rina..!
9 jaar 8 maande 2 weke 4 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar