Gedigte

Titel: verwerp
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



om die enigste verwagting van
alle vorms van
reën deur die gat in jou
hart te bekyk – gun my tog die enigste
oomblik wat ek nog het om
deur jou liefde na soveel groter
verborge dieptes in drievoudige
gestaltes te smag

met jou aan my sy
is daar die ewige nag wat die maan
bied as ’n fluistering met ryk geheime
en donker donderwolke wat
gebede versteur

as ek net eenmaal die sin van
gebonde vrede kan elimineer
en jou deur die labarint in my kop kan neem
sodat jy ook kan sien dat ek
net probeer help




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verwerp
Ek wil vir Z ditto.. hierdie is briljant gepen!
4 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


Z
Ek hou van hierdie gedig - Ek deel dit op en lees elke strofe afsonderlik. En elkeen staan vir my sterk as individuele verse.
As ek dit dan as geheel lees soos wat jy dit geplaas het komplimenteer die drie strofes/verse mekaar tot 'n briljante gedig.
4 jaar 3 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud



DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar