Gedigte

Titel: Verwerping
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

En ek laat jou los
teen my sin
weer soos lank lank terug
en jy glip glip glip
teen die skuinstes van my hartseer
daar waar ek jou nie kan bykom nie

Jou woorde klap vas teen my wang
krimp ek ineen
as jou verwerping
my wind uitslaan
en ek val teen growwe klip
dat die merke dwarsoor my siel splinter
en langs my mond
langs my oë
kom lê


My liefde vir jou sal ek nou toesluit
daar waar jy dit nie weer
kan bykom nie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verwerping
Sjoe, dis baie mooi geskryf!
9 jaar 2 maande 2 dae 18 ure oud


rex
Verwerping ...
En ken ons nie die gevoel so goed nie! Gelukkig is daar altyd weer 'n nuwe dag; 'n nuwe fase en 'n nuwe groter liefde!

!aie mooi
9 jaar 2 maande 2 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar