Gedigte

Titel: Verwoes
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy loop die pad van seer
Sy loop dit weer `n keer
en hierdie keer is dit bitter
Sy verdien dit nie, sy is `n mens
`n mens met deernis
Sy haat hierdie onmin en twis
Die waters waardeur sy moet gaan
Maalkolk deur haar hart
Dit brander deur haar brein
en laat haar hulpeloos en klein
Woorde wat neerreën op haar
Snydend, wreed
Gewetenlose barbaar!
Mag hy dit wat hy nou saai
duisendvoudig oes
Dit wat sy kon gee het hy totaal verwoes



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verwoes
Bitter en verwyt goed hier uitgebeeld. Mooi gepen
5 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 14 ure oud


verwoes
absoluut pragtig hierdie seer vas gepen!!!
5 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud


Verwoes
Baie mooi
5 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar