Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Maasta sien, die ding wêk so..
Dis fect en maasta kan my glo
dat alles wat op aarde lewe,
plant en dier en mens is ewe
deel van onse aarde.

Hier survive ons almal saam
onder Gods son en Sy maan.
Party is baas en party is slaaf,
party is sleg en party is gaaf,
maar as ons vrek het ons dieselle waarde.

Ons kyk hoe ‘n plantjie dop uit die grond
en ons trap daarop of skop dit rond,
maar eendag dan sal hy kom wreek
en sy duwwel in jou voet in steek.
Ma mense steek met mes en swaarde.

Ga lees 'n bietjie in die Boek
va wat ons eintlik hierso soek.
Die God daarbo het ons gastier
om mooi te kyk na Sy goed hier,
ma ons verniel en breek en steel
en agter ons los ons niks heel.
Hoe groot is Sy Genade?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verstaan jy?
wow.. dis nou pragtig!!!!
5 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud


djy
Knap gedaan, ek het ruk in Upington gaan kuier en roep hierie voor my geestesoog. Goed neergepen.
5 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


Ve'staan djy?
Inderdaad dit is die beloop van die mens se lewe.
Baie goed geskryf.
5 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


verstaan
Ja, die mens ken net van afbreek en stukkend maak. Oneindig groot Sy genade.
5 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 14 ure oud


verstaan
As jy dit so mooi sê...dan moet mens mos verstaan :-)
5 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar