Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die dood het by ons vensters ingeklim
in ons mooi huise ingekom
dit roei ...... die jongnense
uit op die pleine – Jer 12:15

Giftige angel van vigs
Verweer, verteer die jong liggaam
Verwar, verkrag, verwoes en roei
jongmense uit op die pleine – skaamsiekte in naam

Versluierde onwaardige siekte
stil, skaam, skandelike, stilgehoudende siekte
jammer, spyt dit is alles net, net te laat
tot gebroke siel die liggaam verlaat

Geraamte met vel
gepen aan hospitaal hel
gevoed deur ‘n bottle drup
vigs het klaar die lewe opgeslurp

Liggaam vat tog die onheilige gif saam
swygend stil, eensaam na die graf saam
stil, skaam, skande die naam
verlos tog die siel, in Here se naam

Party word vereer in lewe
party word vereer by dood
party word vereer nadoods
party geen eer, skaamte nadoods

Verwoeste, vermorsde talente
verwoeste, vermorste wingerd loot
dood, waar is jou pyn, jou angel nou
niks, maar alles om oor stil te ween

Saaier se enkel koringkorrel
val in die onkruid en distels
ontkiem en groei
distels versmoor die bloei

Here, droog weg die stille skaam traan
plaas hierdie stille skaam siel op U hemel baan
vergewe die liggaam sy hoogheids waan
die siel roep uiteidelik U naam

Niks nie eens ‘n groet vir die liggaam
niks, nie eens iets nagelaat van waarde
stil skaam in skande verlaat die aarde
in doodskleed sonder sakke

Die dood vra vrae
baie vrae van wat as
maar nou is daar net as
as gee nie antwoorde, net nog vrae

Vergewe, jammerlike vergifnis gesmeek
bo alles verhewe, die lewe gaan voort
ek groet jou, totsiens, tot wedersiens
jong loot so afgesny in jou fleur



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vigs
Sjoe, sjoe, sjoe! Dis so die waarheid, woord vir woord.Ongelooflike beskrywing. Baie dankie vir hierdie gedig. Ek is so bankbaar ek het hom gelees.
6 jaar 3 maande 2 weke 21 ure oud



Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar